Logo Lanfrica
  • Home
  • Atlas
  • Insights
  • Docs
  • Sign in

© 2026 Lanfrica. All rights reserved. All copyrights of the resources shown on the Lanfrica website belong to the original copyright holders, unless explicitly stated otherwise.

Die ontwikkeling van Afrikaanse vaktaal: Verlede, hede en toekoms

Domain:

natural language processing

Record type:

paper
Creator:
M A
Publisher:
Aca
Host:
Die vertrekpunt van vaktaalontwikkeling is die konsepte onderliggend aan 'n bepaalde vakgebied. Unieke, veeltematiese vaktaalprodukte word benodig vir bepaalde teikengebruikersgroepe met spesifieke belange by bepaalde vakgebiede en tale. Vaktaalontwikkeling in Suid-Afrika geskied binne die konteks van die taalbeleid van die regering. Ten spyte van magtigende wetgewing, en ook die nasionale Grondwet, wat die talebestel beskerm en die bevordering van die amptelike tale behoort te bevorder, is dit vir die ander amptelike tale uiters moeilik om aan die hegemonie van Engels te ontkom. Primêre termskepping geskied in Engels, en termekwivalente word deur sekondêre termskepping in Afrikaans en die Afrikatale bygevoeg. Ondanks die bestaan van verskeie koördinerende vaktaalliggame, was en is daar steeds duplisering van vaktaalprojekte. Die mandaat van die nasionale terminologiekantoor verskil van dié van sy voorgangers, en die kantoor gee slegs aandag aan staatsprojekte. Daarbenewens dokumenteer verskeie taalkantore, sentra, uitgewers en individue terminologie, en is fondse deur die Departement van Hoër Onderwys bewillig om 'n veeltalige oop termbank vir hoër onderwys te vestig, aangesien vaktaalontwikkeling vir sowel taal- as vakgerigte departemente by tersiêre instansies belangrik is. n Verskeidenheid van datavasleggingsprogrammatuur word gebruik, en indien hierdie programmatuur versoenbaar is, kan data maklik uitgeruil en gedissemineer word. Data behoort gedigitaliseer en oop te wees vir vrye toegang en algemene gebruik. Indiens- en tersiêre opleiding in die teoretiese en praktiese begronding van terminologie/ terminografie is noodsaaklik. Die kundigheid van akademici, vakkundiges en taalpraktisyns (ook afgetredenes) behoort by vaktaalontwikkeling benut te word om meertalige en veeltematiese terminologie te ontwikkel. Hierdie medewerkers behoort vir hul werk vergoed te word. Sonder vaktaal kan daar nie sprake wees van behoorlike vakkommunikasie nie.

Visit

doi.org

Languages

AfrikaansKaanMbay

Similar

Die trajek van Afrikaans as inheemse onderwys-taal van 1925 tot 2025: Gedagtes oor die verlede, die hede en die toekomsAfrikaans as akademiese taal: Verlede, hede en toekomsAdrianus van Selms (1906–1984) ontsluit die Arabies-Afrikaanse literatuur teen die agtergrond van die ontstaan en ontwikkeling van Afrikaansn Voelvlug oor die ontwikkeling en die gebruik van Kaapse Afrikaans (Kaaps) in Afrikaanse dramasDie rol van die US se Departement Afrikaans en Nederlands in die ontwikkeling van die Afrikaanse leksikografie: Die Nederlands-Afrikaans-stryd gedurende die aanvangsjareOntwikkeling van ’n Afrikaanse woordnet: metodologie en integrasie

Die trajek van Afrikaans as inheemse onderwys-taal van 1925 tot 2025: Gedagtes oor die verlede, die hede en die toekoms

UNESCO het al 'n groot hoeveelheid navorsing gedoen oor taaltrajekte (en onder andere bevind dat daa

Afrikaans as akademiese taal: Verlede, hede en toekoms

Moedertaalonderrig bied veelvuldige voordele op die gebied van akademiese, kognitiewe en sosiale ont

Adrianus van Selms (1906–1984) ontsluit die Arabies-Afrikaanse literatuur teen die agtergrond van die ontstaan en ontwikkeling van Afrikaans

Adrianus van Selms (1906–1984) unlocks the Arabic-Afrikaans literature against the background of the

n Voelvlug oor die ontwikkeling en die gebruik van Kaapse Afrikaans (Kaaps) in Afrikaanse dramas

In this article, I give a bird’s eye view of the development of Kaaps (Afrikaans) drama: from the ea

Die rol van die US se Departement Afrikaans en Nederlands in die ontwikkeling van die Afrikaanse leksikografie: Die Nederlands-Afrikaans-stryd gedurende die aanvangsjare

Die studie stel ondersoek in na die rol van die Universiteit Stellenbosch se Departement Afrikaans e

Ontwikkeling van ’n Afrikaanse woordnet: metodologie en integrasie

Development of an Afrikaans wordnet: methodology and integration The Afrikaans wordnet is a lexical-