Logo Lanfrica
  • Home
  • Atlas
  • Insights
  • Docs
  • Sign in

© 2026 Lanfrica. All rights reserved. All copyrights of the resources shown on the Lanfrica website belong to the original copyright holders, unless explicitly stated otherwise.

’n Gebruiksgebaseerde beskrywing van Afrikaanse prefiksoïede

Domain:

natural language processing

Record type:

paper
Creator:
NooBenito Trollip
Publisher:
Lit
Host:
Opsomming Affiksoïede is komponente in komplekse morfologiese konstruksies wat vormlik met bestaande, onafhanklike woorde ooreenstem, maar ’n spesifieke betekenis in bepaalde konstruksies het. In die meeste gevalle hou die betekenis van affiksoïede in affiksoïedkonstruksies nie met die woordeboekbetekenis van die onafhanklike woord verband nie. Voorbeelde van affiksoïede is die prefiksoïede hond÷ en kak÷ in hond÷warm en kak÷mooi onderskeidelik en die suffiksoïed ÷bedonnerd in bybel÷bedonnerd. In die eerste voorbeeld dra hond÷ slegs die betekenis van “baie” tot die konstruksie se betekenis (“baie warm”) by – dit hou geensins met die woordeboekbetekenis van hond as “vierpotige dier” verband nie. In prefiksoïedkonstruksies is die affiksoïed dus die eerste komponent, byvoorbeeld hond÷ en kak÷ in voormelde voorbeelde, terwyl dit by suffiksoïedkonstruksies die tweede komponent is, byvoorbeeld ÷bedonnerd in bybel÷bedonnerd. Prefiksoïede met ’n evaluerende betekenislading word gebruik om intensiverende betekenisse aan te dui, terwyl suffiksoïede se betekenismoontlikhede meer variasie toon en byvoorbeeld na ’n beheptheid met iets of na ’n persoon kan verwys. Literatuur oor prefiksoïede wys op die intensiveringsfunksie daarvan (Hoeksema 2012; Stratton 2020), terwyl studies oor suffiksoïede grootliks op persoonsvormende suffiksoïede soos ÷kop en ÷kous fokus (Ruppenhofer, Wiegand, Wilm en Markert 2018; Wante 2009). Bestaande studies oor affiksoïede is soms taalvergelykend en hoofsaaklik tot die gebruik daarvan in Nederlands, Sweeds en/of Duits beperk (Battefeld, Leuschner en Rawoens 2018; Booij 2010; Booij en Hüning 2014; Ruppenhofer e.a. 2018). In Trollip (2021, 2022) word die betekenismoontlikhede van Afrikaanse affiksoïedkonstruksies beskryf en aan die hand van korpusdata uit die versamelings van die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA) en konstrukte in die kognitiewe grammatika verklaar. In hierdie artikel is die fokus uitsluitlik op die beskrywing van Afrikaanse prefiksoïede. Hierdie artikel is ’n verwerkte weergawe van die afdeling in Trollip (2022) waarin prefiksoïedkonstruksies in Afrikaans in die breër konteks van Afrikaanse morfologiese evalueringskonstruksies beskryf word. Trefwoorde: affiksoïed; Afrikaans; intensivering; morfologie; prefiksoïed

Visit

doi.org

Languages

Afrikaans

Similar

Teoretiese vooronderstellings van 'n kognitiewe gebruiksgebaseerde beskrywingsmodel vir die Afrikaanse grammatika / Theoretical presuppositions of a cognitive usage-based model of Afrikaans grammar'n Ontleding van die faktorstruktuur van die Suid-Afrikaanse persoonlikheidsvraelys"Koos sê...": 'n Kritiese diskoersanalise van die metakapitaal van 'n invloedryke Suid-Afrikaanse mediamagnaatOntwikkeling van ’n Afrikaanse woordnet: metodologie en integrasieSisteemtendense in die Afrikaanse literatuur: ’n bestekopname van 1983Die klempatrone van Afrikaanse en Nederlandse simplekse - ’n vergelyking

Teoretiese vooronderstellings van 'n kognitiewe gebruiksgebaseerde beskrywingsmodel vir die Afrikaanse grammatika / Theoretical presuppositions of a cognitive usage-based model of Afrikaans grammar

'n Ontleding van die faktorstruktuur van die Suid-Afrikaanse persoonlikheidsvraelys

In order to further clarify its factor structure the South African Personality Questionnaire is admi

"Koos sê...": 'n Kritiese diskoersanalise van die metakapitaal van 'n invloedryke Suid-Afrikaanse mediamagnaat

Hierdie artikel onderneem 'n kritiese diskoersanalise van die openbare uitsprake van die Afrikaanse

Ontwikkeling van ’n Afrikaanse woordnet: metodologie en integrasie

Development of an Afrikaans wordnet: methodology and integration The Afrikaans wordnet is a lexical-

Sisteemtendense in die Afrikaanse literatuur: ’n bestekopname van 1983

A survey of the Afrikaans literary scene of 1983 might one day prove to be a survey of this literary

Die klempatrone van Afrikaanse en Nederlandse simplekse - ’n vergelyking

The stress patterns of Afrikaans and Dutch simplex words correspond to a large extent. However, a sm