Logo Lanfrica

’n Ondersoek na die gebruik van vertaalmetodes deur Afrikaanstaalverwerwingstudente

Domain:

natural language processingeducation

Record type:

paper
Creator:
UniAsa
Publisher:
Lit
Host:
Opsomming In hierdie artikel word verslag gelewer oor ’n ondersoek na die verskillende vertaalmetodes wat deur Afrikaanstaalverwerwingstudente op tersiêre vlak gebruik word. Die deelnemers was eerstejaar- Afrikaanstaalverwerwingstudente van 2022 wat vir die module Afrikaanse Taalverwerwing 188 aan die Departement Afrikaans en Nederlands van die Universiteit Stellenbosch geregistreer was. Etiese toestemming is vanaf Stellenbosch Universiteit verkry, aangesien daar met Afrikaanstaalverwerwingstudente van die universiteit gewerk word.1 Om die rol van vertaalmetodes in Afrikaanstaalverwerwing te ondersoek, is drie navorsingsterreine ondersoek, naamlik vertaling, taalverwerwing en woordeskataanleer deur veral op die volgende te fokus: vertaalmetodes, die tweedetaalverwerwingsteorie van Krashen, en die woordeskataanleerproses. ’n Gemengdemetodebenadering met kwalitatiewe en kwantitatiewe metodes is gevolg. Die kwalitatiewe studie ondersoek die argumente vir en teen die gebruik van vertaling in die tweedetaalklaskamer deur middel van ’n literatuurstudie. Verder is ’n kwantitatiewe studie onderneem om te bepaal van watter vertaalmetodes Afrikaanstaalverwerwingstudente gebruik maak. Dit is ondersoek deur verskillende vertaalaktiwiteite in die vorm van verskillende tekstipes aan die studente te gee om te vertaal. Die studente het voorts as deel van die kwantitatiewe studie ’n vraelys voltooi om hulle menings oor vertaling as taalverwerwingshulpbron te kry. Die fokus van die navorsing waarvan hierdie artikel verslag lewer, is gemik op die Suid-Afrikaanse konteks, aangesien daar min sodanige navorsing bestaan wat verband hou met en gebaseer is op die Suid-Afrikaanse konteks. In die lig hiervan behoort ’n ondersoek na hoe en hoe dikwels tweedetaalstudente van Afrikaans op tersiêre vlak in die tweedetaalklaskamer van vertaling gebruik maak, nuttige insigte op te lewer ten opsigte van watter vertaalmetodes dié studente gebruik het en of hulle metodes van internasionale tendense verskil. Dit kan voorts daartoe lei dat vertaling as pedagogiese hulpmiddel in die Afrikaanstaalverwerwingsklas gebruik kan word. Die artikel beoog om dosente wat Afrikaanstaalverwerwing aanbied te help bepaal hoe Afrikaans deur middel van vertaalmetodes aangeleer kan word en hoe vertaalmetodes as onderrighulpmiddel by bestaande onderrigpraktyke ingesluit kan word om die onderrig van Afrikaanstaalverwerwing te verbeter en te vergemaklik. Trefwoorde: affektiewefilterhipotese; Afrikaanstaalverwerwing; tweedetaalstudente; vertaalmetodes; vertaling; woordeskat

Similar