Logo Lanfrica
  • Home
  • Atlas
  • Insights
  • Docs
  • Sign in

© 2026 Lanfrica. All rights reserved. All copyrights of the resources shown on the Lanfrica website belong to the original copyright holders, unless explicitly stated otherwise.

Oranjerivierafrikaans, ʼn Argeologiese Genealogie. Deel I. 1595-1916

Domain:

natural language processing

Record type:

paper
Creator:
Lua
Publisher:
Stellenbosch University
Host:
Abstract Dié eerste deel van ʼn vierdelige artikelreeks ondersoek die geskiedenis van die sosiolinguistiek relatief tot Oranjerivierafrikaans, een van die drie hoofdialekkontinuums van Afrikaans, van die periode 1595 tot 1916. Begrond in die linguistiese geskiedskrywing in die breë, en Michel Foucault se argeologiese en genealogiese oriënterings in die besonder, skets die artikeldeel hoe die intellektuele geskiedenis van Oranjerivierafrikaans in die “voortyd” van 1595-1843, en die meer formele Europeestalige sosiolinguisties georiënteerde studies van die tydperk 1844-1916 – dit wil sê die tydperk van die sosiolinguistiek oor Afrikaans, maar nie in Afrikaans nie – daar uitgesien het. Die optekenings van reisigers en dagboekskrywers, insluitende Willem ten Rhyne, Peter Kolbe, Otto Mentzel, John Barrow en Hinrich Lichtenstein, asook meer professionele taalkundiges, insluitende Antoine Changuion, Wilhelm Bleek, Thomas le Roux, Jac van Ginneken, en Theophilus Hahn, word bespreek. Ter afsluiting van die artikeldeel word die oorgangstydsgees van die eerste en tweede taalbewegings in verhouding tot die bewussyn oor Afrikaans vermeld. Hierdeur daag die artikelreeks vier sentrale veronderstellings oor die taalvorm uit, naamlik dat daar ʼn gebrek aan bronne oor die taalvorm is, dat dit redelik “onsigbaar” is, dat dit as ʼn Swart Afrikaanse taalvorm getipeer kan word, en dat Kaapse Afrikaans, eerder as Oranjerivierafrikaans, as die “oudste” vorm van Afrikaans beskou moet word. ________________________________________________________________________________________________________________ This first part of a four-part article series investigates the history of sociolinguistics relative to Orange River Afrikaans, one of Afrikaans’s three main dialect continuas, from the period 1595 to 1916. Grounded in linguistic historiography broadly construed, and Michel Foucault’s archaeological and genealogical orientations specifically, this part of the article sketches how the intellectual history of Orange River Afrikaans in the period 1595-1916 figured through two Zeitgeists – the ‘pre-time’ of 1595-1843, and the more professional European-language sociolinguistic orientated studies of the period 1844-1916. This constitutes the period of sociolinguistics about Afrikaans, but not in Afrikaans. The writings of travellers and journal keepers, including Willem ten Rhyne, Peter Kolbe, Otto Mentzel, John Barrow and Hinrich Lichtenstein, and more professional linguists, including Antoine Changuion, Wilhelm Bleek, Thomas le Roux, Jac van Ginneken, and Theophilus Hahn, are discussed. In conclusion to this part of the article series, mention is made of the transitionary period of the first and second language movements relative to the consciousness around Afrikaans. Through this, the article series challenges four central and dominant presuppositions on Orange River Afrikaans, namely that there are limited sources available relative to it, that it constitutes an ‘invisible’ language form, that it can be typified as an expression of Black Afrikaans, and that Kaaps (Cape Afrikaans), rather than Orange River Afrikaans, should be regarded as the ‘oldest’ form of Afrikaans.

Visit

doi.org

Languages

Afrikaans

Similar

Oranjerivierafrikaans, ʼn Argeologiese Genealogie. Deel III. 1980-1998Oranjerivierafrikaans, ʼn Argeologiese Genealogie. Deel IV. 1999-2021Oranjerivierafrikaans, ʼn Argeologiese Genealogie. Deel II. 1917-1979

Oranjerivierafrikaans, ʼn Argeologiese Genealogie. Deel III. 1980-1998

Dié derde deel van ʼn vierdelige artikelreeks ondersoek die geskiedenis van die sosiolinguistiek rela

Oranjerivierafrikaans, ʼn Argeologiese Genealogie. Deel IV. 1999-2021

Dié laaste deel van ʼn vierdelige artikelreeks ondersoek die geskiedenis van die sosiolinguistiek rel

Oranjerivierafrikaans, ʼn Argeologiese Genealogie. Deel II. 1917-1979

Dié tweede deel van ʼn vierdelige artikelreeks ondersoek die geskiedenis van die sosiolinguistiek rel