Logo Lanfrica
  • Accueil
  • Atlas
  • Analyses
  • Documentation
  • Sign in

© 2026 Lanfrica. Tous droits réservés. Tous les droits d'auteur des ressources affichées sur le site Web Lanfrica appartiennent aux détenteurs de droits d'auteur d'origine, sauf indication contraire explicite.

Afrikaans as akademiese taal: Verlede, hede en toekoms

Domaine:

education
Créateur:
T v
Éditeur:
Aca
Hôte:
Moedertaalonderrig bied veelvuldige voordele op die gebied van akademiese, kognitiewe en sosiale ontwikkeling. In hierdie artikel is die fokus op Afrikaans as medium van onderrig binne 'n akademiese konteks en teen die agtergrond van die bevordering van meertaligheid en inklusiewe onderwys. Teoretiese perspektiewe rakende kwessies soos akademiese taalgebruik, moedertaalonderrig, meertaligheid, inklusiwiteit, sowel as taalbeplanning en -bestuur word verskaf. Die stand van Afrikaans binne die hoëronderwyssektor word onder die soeklig geplaas, met spesifieke verwysing na empiriese data uit 'n ondersoek wat in 2023 afgehandel is. Dit behels 'n taalhulpbronoudit, uitgevoer deur die South African Centre for Digital Language Resources (SADiLaR) in opdrag van die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding (DHOO). Alle openbare universiteite in Suid-Afrika is by die oudit betrek ten einde inligting te bekom oor die stand van inheemse tale by hierdie instellings as raamwerk vir die implementering van die Taalbeleidsraamwerk vir Openbare Hoër Onderwysinstellings (TOHO) wat in 2020 gepromulgeer is. Agt prioriteitsareas vir intervensie in die kort termyn is geïdentifiseer. Wat Afrikaans spesifiek betref, het die oudit aan die lig gebring dat die taal goed verteenwoordig is in vergelyking met ander tale by universiteite, maar dat daar ook steeds uitdagings bestaan, soos stigmatisering, hulpbrontoewysing en gebrekkige implementering van taalbeleide. Die insigte wat uit die ondersoek bekom is, beklemtoon dat nog méér gedoen moet word om veeltaligheid as bydraende faktor tot inklusiwiteit en 'n billike opvoedkundige omgewing in hoër onderwys in Suid-Afrika 'n werklikheid te maak.

Visit

doi.org

Languages

AfrikaansFlaaitaal

Similaires

Die trajek van Afrikaans as inheemse onderwys-taal van 1925 tot 2025: Gedagtes oor die verlede, die hede en die toekomsDie ontwikkeling van Afrikaanse vaktaal: Verlede, hede en toekoms

Die trajek van Afrikaans as inheemse onderwys-taal van 1925 tot 2025: Gedagtes oor die verlede, die hede en die toekoms

UNESCO het al 'n groot hoeveelheid navorsing gedoen oor taaltrajekte (en onder andere bevind dat daa

Die ontwikkeling van Afrikaanse vaktaal: Verlede, hede en toekoms

Die vertrekpunt van vaktaalontwikkeling is die konsepte onderliggend aan 'n bepaalde vakgebied. Unie