Logo Lanfrica
  • Accueil
  • Atlas
  • Analyses
  • Documentation
  • Sign in

© 2026 Lanfrica. Tous droits réservés. Tous les droits d'auteur des ressources affichées sur le site Web Lanfrica appartiennent aux détenteurs de droits d'auteur d'origine, sauf indication contraire explicite.

DIE (GCALEKA-)KONING IS DOOD, LANK LEEF DIE (GCALEKA-)KONING!

Créateur:
Elm
Éditeur:
Aca
Hôte:
Koning Xolilizwe Sigcawu is op 31 Desember 2005 in 1 Militêre Hospitaal, Pretoria, aan lewerversaking dood. Koning Sigcawu, wie se koningshuis by die Groot Plek Nqadu naby Willowvale in die Oos-Kaap is, het 40 jaar lank oor die Gcaleka-koninkryk as opperhoof van die Gcalekas regeer. Die Gcaleka-koninkryk, oos van die Keirivier, is nie die enigste Xhosa-koninkryk in dié provinsie nie – koning Maxhobayakhawuleza Sandile, wie se koningshuis naby King William’s Town is, regeer oor die Rharhabe, in ’n gebied wes van die Keirivier. Benewens dié twee, beskik ook die Thembu en die Pondo, twee ander Xhosa-sprekende nasies, elk oor twee konings (sienhttp://152.111.1.251/argief/berigte/dieburger/2006/01/12/OS/7/cdforumsigcawu.html, toegang 13-02-2006). As een van die langs regerende opperhoofde in Suid-Afrika was koning Xolilizwe Sigcawu die elfde koning van die Gcaleka-gebied, en hy is volgens tradisie in ’n koninklike begrafnis langs sy pa, koning Bungeni Zwelindumile Sigcawu, naby die koningshuis by die Groot Plek Nqadu ter ruste gelê (sien sundaytimes.co.za, toegang 13-02-2006; 152.111.1.251, toegang 13-02-2006). Reeds by sy begrafnis het die vraag ontstaan na ’n opvolger vir die koning – hy het vyf vroue gehad, van wie slegs twee, Nondwe en Nomazile, nog leef, asook elf kinders. Hoofman Mpendulo Sigcawu, die koning se oudste seun by sy derde vrou (ook bekend as ’n qadi-vrou), blyk volgens tradisionele erfopvolgingsreëls die bewese aanspraakmaker op die troon te wees, hoewel prins Ahlangene Sigcawu, die koning se oudste seun by sy tweede vrou (ook bekend as die regterhandse vrou), ook aspirasies vir koningskap gehad het. Die eintlike aanspraakmaker op die troon, die koning se oudste seun by sy eerste vrou (ook bekend as die hoofvrou), is na bewering verstandelik gestrem en mog die koning dus nie opvolg nie. Voorts blyk vroulike opvolging volgens Gcaleka-tradisie ontoepaslik te wees omdat vroue deur potensiële huweliksluiting buite die sibbe “nie die [familie]lyn kan voortsit nie” (sien 152.111.1.251, toegang 13-02-2006). Volgens mediaberigte is ’n opvolger vir die ontslape koning Xolilizwe Sigcawu reeds op 27 Januarie 2006 benoem. Hoofman Mpendulo Sigcawu het na bewering tydens sy benoemingsplegtigheid volgens koninkliketradisie ’n nuwe naam gekry, naamlik koning Zwelonke Sigwacu, die twaalfde koning van die Gcaleka-gebied (sien 152.111.1.251, toegang 13-02-2006).  Verskeie interessante vrae ontstaan uit die verhaal van die dood en opvolging van koning Xolilizwe Sigcawu, waaronder die volgende:− welke reëls en kriteria bepaal hoe die opvolging van ’n koningsposisie geskied;− welke prosedure vir die benoeming en aanstelling van ’n opvolger gevolg moet word; en− of dit korrek is om te beweer dat vroue van sodanige opvolging uitgesluit word.In die onderhawige aantekening word dié onderskeie vrae kortliks beantwoord met verwysing na die inheemsregtelike reëls, toepaslike wetgewing en relevante onlangse regspraak. Die aantekening het egter nie ten doel om die instelling en meriete van tradisionele leierskap as sodanig te bespreek en evalueer nie (sien in dié verband, bv, Bennett Customary Law in South Africa (2004) 101-134; en Mqeke Customary Law and the New Millennium (2003) 120-125).

Visit

doi.org

Languages

PanaXhosa

Licenses

https://creativecommons.org/licenses/by/4.0

Similaires

Die Bushie is dood: Long live the Bushie black South African writers on the SanWat is die universiteit? Gedagtes oor die gemeenskapsuniversiteitDie rol van die US se Departement Afrikaans en Nederlands in die ontwikkeling van die Afrikaanse leksikografie: Die Nederlands-Afrikaans-stryd gedurende die aanvangsjareDie rol van die Afrikaanse Wikipedia in die uitbou van AfrikaansDie territoriale Organisasie van die VendaSendinginvloed op die Sepediversvorm – Die kerklied

Die Bushie is dood: Long live the Bushie black South African writers on the San

Wat is die universiteit? Gedagtes oor die gemeenskapsuniversiteit

In die artikel word uitgegaan van die gedagte dat die toekoms van universitêre Afrikaans toenemend '

Die rol van die US se Departement Afrikaans en Nederlands in die ontwikkeling van die Afrikaanse leksikografie: Die Nederlands-Afrikaans-stryd gedurende die aanvangsjare

Die studie stel ondersoek in na die rol van die Universiteit Stellenbosch se Departement Afrikaans e

Die rol van die Afrikaanse Wikipedia in die uitbou van Afrikaans

Afrikaans het in sy eerste 90 jaar as amptelike taal van Suid-Afrika van 'n sogenaamde kombuistaal t

Die territoriale Organisasie van die Venda

Sendinginvloed op die Sepediversvorm – Die kerklied