Logo Lanfrica
  • Accueil
  • Atlas
  • Analyses
  • Documentation
  • Sign in

© 2026 Lanfrica. Tous droits réservés. Tous les droits d'auteur des ressources affichées sur le site Web Lanfrica appartiennent aux détenteurs de droits d'auteur d'origine, sauf indication contraire explicite.

Honderd jaar van Afrikaans as amptelike taal

Domaine:

natural language processing

Type de record:

paper
Créateur:
J. E.
Éditeur:
Aca
Hôte:
Op 27 Mei 2025 word die verklaring van Afrikaans tot 'n amptelike taal van Suid-Afrika 'n eeu vantevore gedenk. Die oogmerk van hierdie bydrae is om lig te werp op die begrip "amptelike taal" in die algemeen, om iets van die historiese agtergrond te skets en om Afrikaans as 'n amptelike taal in die konteks van die variëteite van Afrikaans te plaas. Ná die afloop van die Anglo-Boereoorlog is 'n Nasionale Konvensie van die twee verslane Boererepublieke en die bestaande twee Britse kolonies byeengeroep om 'n grondwet te beding vir die te stigte nuwe staatkundige entiteit, die Unie van Suid-Afrika. In dié grondwet is sowel Engels as "Hollands" as die amptelike tale van die Unie vasgelê, maar later is Afrikaans by wet by "Hollands" ingesluit. Hierdie wysiging het op 27 Mei 1925 in werking getree, wat meegebring het dat alle skriftelike handelinge deur die staat wat die burgery geraak het, in albei tale moes geskied. 'n Noodwendige gevolg van dié bepaling was dat Afrikaans as amptelike taal met rasse skrede moes ontwikkel op die vlak van die ortografíe, terminologie en grammatikale konsekwentheid. Latere Grondwette (dié van 1961 en 1983) het die gebruik van die twee amptelike tale ook na die provinsiale vlak uitgebrei. Omdat Afrikaans toe in alle regeringsfere op gelyke grondslag saam met die wêreldtaal Engels moes funksioneer, moes daar 'n standaardvariëteit wees wat die staat in staat gestel het om aan al die grondwetlike vereistes te voldoen en doeltreffend met 'n groot deel van die bevolking te kommunikeer. Tans het Suid-Afrika twaalf amptelike tale (nadat Suid-Afrika Gebaretaal onlangs bygevoeg is). Vorige Grondwette het uitdruklik bepaal waarvoor die destydse amptelike tale gebruik moes word, maar die Grondwet van 1996 swyg daaroor. Hy bepaal wel dat die staat praktiese en daadwerklike maatreëls moet tref om die status van die tale te verhoog en hul gebruik te bevorder, en dat alle amptelike tale gelykheid van aansien moet geniet en billik behandel moet word, maar dit is vaag, en by gebrek aan vaste voorskrifte of enige aansporings vir gebruik, soos vantevore die geval was, ten einde uitvoering te gee aan die hoë ideale van gelykheid en billikheid, is Suid-Afrika van staatsweë de facto eentalig Engels.

Visit

doi.org

Languages

AfrikaansFlaaitaal

Similaires

Ná honderd jaar: Die Afrikaans van die eerste taalkommissieTaaloordrag in die onderrig van Afrikaans as tweede taalAfrikaans — lewende taal van miljoene.Remediërende onderrig van Afrikaans as vreemde taal: 'n eksperimentele ondersoekF.I.J. van Rensburg (Redakteur). Afrikaans ? lewende taal van miljoeneVyf en twintig jaar generatiewe fonologie-ondersoek van Afrikaans

Ná honderd jaar: Die Afrikaans van die eerste taalkommissie

Taaloordrag in die onderrig van Afrikaans as tweede taal

Language transfer in the teaching of Afrikaans as a second language The biggest problem facing lectu

Afrikaans — lewende taal van miljoene.

Remediërende onderrig van Afrikaans as vreemde taal: 'n eksperimentele ondersoek

F.I.J. van Rensburg (Redakteur). Afrikaans ? lewende taal van miljoene

Vyf en twintig jaar generatiewe fonologie-ondersoek van Afrikaans