Endemiese hepatitis B is ’n emstige gesondheidsprobleem in KaNgwane, tuiste van Suid-Afrika se Swazi’s. Besmetting met die hepatitis B-virus (HBV) is so algemeen in hierdie gemeenskap en vind alreeds so vroeg in die lewe plaas dat inenting van pasgeborenes regverdigbaar en wenslik is.