Die totstandkoming van ons Kerkhistoriese Werkgemeenskap staan sekerlik in die teken van ’n ‘geschichtliche Bevifusstsein’ met betrekking tot die kerkgeskiedenis in ons land. In die geskiedenis van die ecclesia patria val dit nie sonder rede met die toenemende pleitredes vir ’n krities (teologiese) beoefening van hierdie vakgebied saam nie.