Logo Lanfrica
  • Accueil
  • Atlas
  • Analyses
  • Documentation
  • Sign in

© 2026 Lanfrica. Tous droits réservés. Tous les droits d'auteur des ressources affichées sur le site Web Lanfrica appartiennent aux détenteurs de droits d'auteur d'origine, sauf indication contraire explicite.

Oranjerivierafrikaans, ʼn Argeologiese Genealogie. Deel III. 1980-1998

Domaine:

natural language processing

Type de record:

paper
Créateur:
Lua
Éditeur:
Stellenbosch University
Hôte:
Dié derde deel van ʼn vierdelige artikelreeks ondersoek die geskiedenis van die sosiolinguistiek relatief tot Oranjerivierafrikaans, een van die drie hoofdialekkontinuums van Afrikaans, van die periode 1980 tot 1998. Begrond in die linguistiese geskiedskrywing in die breë, en Michel Foucault se argeologiese en genealogiese oriënterings in die besonder, skets die artikeldeel hoe die intellektuele geskiedenis van Oranjerivierafrikaans in die tydsgees van die diskoers van dialektologie van 1980-1998 en die tydsgees van die besinning van taalidentiteit sedert die 1980’s getipeer kan word. Hierdie periode sien die hoogbloei van die Afrikaanse sosiolinguistiek, veral wat veldwerkdialektologie betref. Die optekenings en navorsing van ondere andere Christo van Rensburg, Hans du Plessis, Hendrina Nieuwoudt, Vic Webb, Hans den Besten, en Gabriël Nienaber word bespreek. Hierdeur daag die artikelreeks vier sentrale veronderstellings oor die taalvorm uit, naamlik dat daar ʼn gebrek aan bronne oor die taalvorm is, dat dit redelik “onsigbaar” is, dat dit as ʼn Swart Afrikaanse taalvorm getipeer kan word, en dat Kaapse Afrikaans, eerder as Oranjerivierafrikaans, as die “oudste” vorm van Afrikaans beskou moet word. ___________________________________________________________________________________________________________________ Abstract This third part of a four-part article series investigates the history of sociolinguistics relative to Orange River Afrikaans, one of Afrikaans’s three main dialect continuas, from the period 1980 to 1998. Grounded in linguistic historiography broadly construed, and Michel Foucault’s archaeological and genealogical orientations specifically, this part of the article sketches how the intellectual history of Orange River Afrikaans in this period can be divided into two Zeitgeists – the time of dialectology of 1980-1998 and the time of language identity since 1980. This period sees the height of Afrikaans fieldwork dialectology. The writings and research of Christo van Rensburg, Hans du Plessis, Hendrina Nieuwoudt, Vic Webb, Hans den Besten and Gabriël Nienaber are discussed. Through this, the article series challenges four central and dominant presuppositions on Orange River Afrikaans, namely that there are limited sources available relative to it, that it constitutes an “invisible” language form, that it can be typified as an expression of Black Afrikaans, and that Kaaps (Cape Afrikaans), rather than Orange River Afrikaans, should be regarded as the “oldest” form of Afrikaans.

Visit

doi.org

Languages

AfrikaansKaanMbay

Similaires

Oranjerivierafrikaans, ʼn Argeologiese Genealogie. Deel I. 1595-1916Oranjerivierafrikaans, ʼn Argeologiese Genealogie. Deel IV. 1999-2021Oranjerivierafrikaans, ʼn Argeologiese Genealogie. Deel II. 1917-1979

Oranjerivierafrikaans, ʼn Argeologiese Genealogie. Deel I. 1595-1916

Abstract Dié eerste deel van ʼn vierdelige artikelreeks ondersoek die geskiedenis van die sosiolingui

Oranjerivierafrikaans, ʼn Argeologiese Genealogie. Deel IV. 1999-2021

Dié laaste deel van ʼn vierdelige artikelreeks ondersoek die geskiedenis van die sosiolinguistiek rel

Oranjerivierafrikaans, ʼn Argeologiese Genealogie. Deel II. 1917-1979

Dié tweede deel van ʼn vierdelige artikelreeks ondersoek die geskiedenis van die sosiolinguistiek rel