Logo Lanfrica

Statistiese terminologieprojek

Créateur:
H S
Éditeur:
Med
Hôte:
Daar bestaan die afgelope paar dekades ’n Afrikaans-Engelse Statistiekwoordeboek. Hierdie woordeboek is laas in 1984 hersien en ongeveer agt jaar later het die behoefte begin ontstaan om die woordeboek by te werk met byvoeging van nuwe terme en hersiening van die bestaande terme. Aan die einde van 1992 is ’n projek geloods om hierdie werk aan te pak. Die inisiatief is geneem deur die Suid-Afrikaanse Statistiese Vereniging (SASV) se Onderwyskomitee. Die Nasionale Terminologiediens (NTD) het hulp verskaf sover dit advies en infrastruktuur betref.