Afrikaans is die totaal van al sy dialekte — Griekwa-afrikaans en Standaardafrikaans is maar twee voorbeelde daarvan. Chambers (1980:3) sê baie duidelik: “… a language is a collection of mutually intelligible dialects” . Hierdie definisie het die voordeel dat dit dialekte kan karakteriseer as subslandaarvorme van ’n taal en dit kan ook weer die kriterium wees om deur middel van vergelyking die variasies op te spoor.