Logo Lanfrica

Waarnemings van die effektiwiteit van ’n akademiese skryfassistent vir Afrikaanssprekende Baccalaureus in Opvoedkunde-studente

Domaine:

educationnatural language processing

Type de record:

software
Créateur:
KaaCandice LivingstonPieAma
Éditeur:
Lit
Hôte:
Opsomming Skryfondersteuningsprogramme word wêreldwyd ontwikkel, en geïmplementeer, om skryfprobleme in akademiese werkstukke op te los. Ons bespreek in hierdie artikel voordiensonderwysers se waarnemings van die implementering van so ’n aanlyn akademiese skryfondersteuningsprogram genaamd Skryfhulp. Skryfhulp is ’n akademiese skryfassistent (ASA) wat deur die Taalinstituut van Leuven in België ontwikkel en vertaal is, en spesifiek op Afrikaanse skryfvaardighede fokus. Die ASA-program beklemtoon die gebruik van ’n speltoetsergeoriënteerde woordelys (SCOWL) wat taalfoute in studente se skryfwerk identifiseer. ’n Sekwensieel-verkennende gemengde metode is in hierdie navorsing gebruik, ten einde die doeltreffendheid van die gebruik van die ASA by 89 voordiensonderwysers in ’n Baccalaureus-onderwysprogram by ’n universiteit in die Wes-Kaap te ondersoek. Hierdie sekwensieel-verkennende gemengde metode is deur ’n aanlyn opname en onderhoud (Blackboard en WhatsApp) uitgevoer. Die kwantitatiewe fase het bestaan uit agt demografiese vrae en 11 Likert-graderingsvrae om byvoorbeeld gebruikersvriendelikheid en grammatika op ’n Likert-skaal van 1 tot 5 te gradeer. Demografiese vrae is met ’n aftreklys beantwoord en het bestaan uit vrae oor byvoorbeeld ouderdom en fase van studie. Daar is ook getoets of die deelnemers kennis dra van Skryfhulp, toegang tot Skryfhulp het en Skryfhulp vir akademiese opdragte in alle vakke gebruik. Die kwantitatiewe fase se data is deur middel van Microsoft Excel en SPSS ontleed. Kwantitatiewe resultate word aangedui as gemiddeld en standaardafwyking, of as aantalle en persentasies. Kwalitatiewe data is deur tematiese ontleding gekodeer en hierdie tematisering is gebruik om patrone in die data op te som om daaruit temas af te lei. Resultate toon dat die meerderheid voordiensonderwysers die gebruik van die ASA aanbeveel vir spelling, grammatika, herhalings, sin- en paragraaflengte en sinskonstruksies. Interessant genoeg het die deelnemers aangedui dat die program minder help met woordbetekenis, passiefkonstruksies en algemene sinsbetekenis. Veral Afrikaans Huistaal-studente het positiewe terugvoer oor die program gegee. Oor die algemeen het hierdie studie bevind dat die inkorporering van die ASA in akademiese vakke baie sinvol is en dat dit die akademiese skryfvermoë van die studente wat die program gebruik het, verbeter het.

Languages

Similaires