Logo Lanfrica
  • Home
  • Atlas
  • Insights
  • Docs
  • Sign in

© 2026 Lanfrica. All rights reserved. All copyrights of the resources shown on the Lanfrica website belong to the original copyright holders, unless explicitly stated otherwise.

Aspek in Afrikaans: 'n Teoretiese beskrywing

Domain:

natural language processing

Record type:

paper
Creator:
A B
Publisher:
Aca
Host:
Die Afrikaanse werkwoordstelsel onderskei tussen verlede, hede en toekoms (met ander woorde tussen verskillende tempusbetekenisse), maar is meerduidig met betrekking tot grammatikaal-aspektuele betekenis. Die Afrikaanse werkwoord spesifiseer nie op 'n verpligte wyse 'n onderskeid tussen perfektiewe, anterior- of imperfektiewe betekenis nie. Die ongemerkte stamvorm (in die hede) en die het ge-vorm (in die verlede) word gebruik om hierdie verskillende aspektuele betekenisse uit te druk. Afrikaans kan derhalwe geklassifiseer word as 'n nie-aspektuele taal (vergelyk Bylund 2013:932). Die aspektuele meerduidigheid van Afrikaans het 'n verreikende effek op die wyse waarop hierdie taal se grammatika in die Afrikaanse akademiese literatuur beskryf of verstaan word. Daar bestaan onder sommige skrywers die siening dat die werkwoordelike vorm van Afrikaans onvoldoende is om sekere aspektuele nuanses en betekenisse uit te druk (vergelyk Brink 1976:93; De Villiers 1962:250; Du Toit 1940:250; Meyer 2010; Paul 2010; Visser 2012; Wybenga 1983:1). Beskrywings soos "maklik", "vereenvoudig", "sonder 'n werklike sisteem" en "problematies" is al gebruik om die Afrikaanse grammatikale temporele uitdrukking te beskryf (vergelyk Anon 2010; Britz 2002; De Villiers 1962:59). Die aanname bestaan selfs by sommige skrywers dat Afrikaans "geen aspek het nie" (vergelyk Van der Merwe 1968a:281). 'n Moontlike rede vir hierdie sienings is die feit dat die uitdrukking van aspek in Afrikaans nog nie voldoende nagevors of beskryf is nie. Die enkele bestaande publikasies oor die onderwerp bied nie 'n goeie verduideliking van die begrip "aspek" nie, en dui nie voldoende die verskillende wyses waarop aspek in Afrikaans uitgedruk kan word, aan nie. Hierdie artikel probeer die tweeledige leemte vul deur eerstens 'n algemeen-teoretiese beskrywing van aspek aan te bied, en tweedens op 'n sistematiese wyse aan te toon watter linguistiese strategies in Afrikaans aangewend word om aspektuele betekenis uit te druk.

Visit

doi.org

Languages

AfrikaansFlaaitaalKaanMbay

Similar

Die spanningsverhaal: 'n Teoretiese beskouing en bespreking van drie voorbeelde in Afrikaans’n Gebruiksgebaseerde beskrywing van Afrikaanse prefiksoïedeTeoretiese begronding vir die ontwerp van ’n uitspraaktoepassingsmodel gemik op vreemdetaalsprekers van Afrikaans (deel 2 van ’n drieluik)Teoretiese vooronderstellings van 'n kognitiewe gebruiksgebaseerde beskrywingsmodel vir die Afrikaanse grammatika / Theoretical presuppositions of a cognitive usage-based model of Afrikaans grammarMultiple n-words in Afrikaans’n Oorsig oor enkele digitiseringsprojekte in Afrikaans: ’n Vertrekpunt vir Afrikaans se digitale toekoms

Die spanningsverhaal: 'n Teoretiese beskouing en bespreking van drie voorbeelde in Afrikaans

’n Gebruiksgebaseerde beskrywing van Afrikaanse prefiksoïede

Opsomming Affiksoïede is komponente in komplekse morfologiese konstruksies wat vormlik met bestaand

Teoretiese begronding vir die ontwerp van ’n uitspraaktoepassingsmodel gemik op vreemdetaalsprekers van Afrikaans (deel 2 van ’n drieluik)

Opsomming Hierdie artikel is die tweede van drie wat verslag lewer oor ’n navorsingstudie wat deur

Teoretiese vooronderstellings van 'n kognitiewe gebruiksgebaseerde beskrywingsmodel vir die Afrikaanse grammatika / Theoretical presuppositions of a cognitive usage-based model of Afrikaans grammar

Multiple n-words in Afrikaans

’n Oorsig oor enkele digitiseringsprojekte in Afrikaans: ’n Vertrekpunt vir Afrikaans se digitale toekoms

Grootskaalse digitisering is ’n wêreldwye tendens van die huidige dekade. Ook in Suid-Afrika word al