Logo Lanfrica
  • Home
  • Atlas
  • Insights
  • Docs
  • Sign in

© 2026 Lanfrica. All rights reserved. All copyrights of the resources shown on the Lanfrica website belong to the original copyright holders, unless explicitly stated otherwise.

Die eerste eeu van Afrikaans as vaktaal, 1925-2025

Domain:

natural language processing

Record type:

paper
Creator:
M A
Publisher:
Aca
Host:
Die Suid-Afrikaanse vaktaalbedryf het 'n interessante geskiedenis met veral Afrikaanse vaktaal wat aanvanklik 'n bloeitydperk beleef het. In die land se voormalige tweetalige bestel moes Afrikaanse termekwivalente verskaf word om Afrikaans in staat te stel om sy regmatige plek langs die dominante wereldtaal Engels in te neem. Aanvanklik is vertalende vakwoordeboeke en termlyste deur vakkundiges en akademici saamgestel om die konsepte van die terreine waarop hulle werksaam was, vir vakkommunikasie beskikbaar te stel. Later het vertalers, veral dié verbonde aan taalkantore, begin om die bron- en doeltaalterminologie waarmee hulle daagliks omgegaan het, aan te teken sodat hulle dit later weer kon benut. Nog later is terminoloë in diens geneem om die terminologie van 'n verskeidenheid van vakgebiede aan te teken. Hulle het veral in komiteeverband saam met vakkundiges gewerk wat hulle behulpsaam was daarmee om konsepte te verklaar en te benoem en gepaste terme in Afrikaans te skep. Al hierdie aktiwiteite het daartoe gelei dat Afrikaanse vaktaal deur herhaalde gebruik die vakgebiede en taal kon binnedring en so gestandaardiseer geraak het. Verskeie gestandaardiseerde terminografiese benaderings is in dié vaktaalproses gebruik. In die loop van die afgelope dertig jaar is daar ook aandag gegee aan die ontwikkeling van die Sintutale en Suid-Afrikaanse Gebaretaal omdat die Grondwet bepaal dat al die amptelike tale gelykheid van aansien moet geniet en billik behandel moet word. Nuwe Afrikaanse terme word steeds deur staatsinstellings aangeteken, maar op die meeste terreine is daar reeds Afrikaanse terminologie en is daar dus nie vernuwing vir Afrikaans nie. Gelukkig is daar steeds vakkundiges, taalpraktisyns en individue wat terme vir hul beroepsdoeleindes in Afrikaans aanteken en versprei.

Visit

doi.org

Languages

Afrikaans

Similar

Die trajek van Afrikaans as inheemse onderwys-taal van 1925 tot 2025: Gedagtes oor die verlede, die hede en die toekomsDie eerste vertalings van die Heidelbergse Kategismus in AfrikaansNá honderd jaar: Die Afrikaans van die eerste taalkommissieDie rol van die 1920-proefvertaling in die ontluiking van Afrikaans as 'n BybeltaalDie ontwikkeling van Afrikaanse vaktaal: Verlede, hede en toekomsDie etimologie en verstaan van rampe deur die lens van Afrikaans as moedertaal

Die trajek van Afrikaans as inheemse onderwys-taal van 1925 tot 2025: Gedagtes oor die verlede, die hede en die toekoms

UNESCO het al 'n groot hoeveelheid navorsing gedoen oor taaltrajekte (en onder andere bevind dat daa

Die eerste vertalings van die Heidelbergse Kategismus in Afrikaans

Hierdie artikel diep die geskiedenis van die eerste vertalings van die Heidelbergse Kategismus in Af

Ná honderd jaar: Die Afrikaans van die eerste taalkommissie

Die rol van die 1920-proefvertaling in die ontluiking van Afrikaans as 'n Bybeltaal

Nadat die Vrystaatse Sinode van die Nederduitse Gereformeerde Kerk goedkeuring verleen het vir 'n ve

Die ontwikkeling van Afrikaanse vaktaal: Verlede, hede en toekoms

Die vertrekpunt van vaktaalontwikkeling is die konsepte onderliggend aan 'n bepaalde vakgebied. Unie

Die etimologie en verstaan van rampe deur die lens van Afrikaans as moedertaal

The etymology and understanding of disasters through the lens of Afrikaans as a mother tongue. The h