Logo Lanfrica
  • Home
  • Atlas
  • Insights
  • Docs
  • Sign in

© 2026 Lanfrica. All rights reserved. All copyrights of the resources shown on the Lanfrica website belong to the original copyright holders, unless explicitly stated otherwise.

Faktore wat die weglating van die Afrikaanse onderskikker dat bepaal

Domain:

natural language processing

Record type:

paper
Creator:
B vH.
Publisher:
Aca
Host:
Die stelbysin in geskrewe Afrikaans vertoon twee variante. Die onderskikker dat word saam met afhanklike woordorde (SXV) gebruik in die een vorm, terwyl die ander vorm sonder die onderskikker voorkom en hoofsinwoordorde (SVX) gebruik. In hierdie artikel word die korpuslinguistiek as metode gebruik om ondersoek in te stel na die faktore wat verband hou met die keuse tussen die twee variante. 'n Analise van die Taalkommissiekorpus dui daarop dat die werkwoord van die hoofsin veral deurslaggewend is vir die keuse. Werkwoorde met 'n algemene betekenis wat met hoë frekwensie voorkom word eerder saam met die stelbysin sonder 'n onderskikker gebruik, terwyl werkwoorde met 'n meer spesifieke betekenis en dikwels laer frekwensie kombineer met die stelbysin wat 'n eksplisiete onderskikker bevat. Verder speel die register van tekste 'n rol, deurdat meer formele registers eerder die variant met dat verkies. Die bevindinge dui daarop dat die vorm sonder dat geassosieer word met hoër tematiese prominensie vir die stelbysin, terwyl die vorm met dat die prominensie verskuif na die hoofsin.

Visit

doi.org

Tasks

parsing

Languages

AfrikaansYamba

Similar

Die faktore gemeenskaplik aan die selfondersoekvraelys van Holland en die nuwe Suid-Afrikaanse beroepsbelangstellingsvraelysDie rol van die Afrikaanse Wikipedia in die uitbou van AfrikaansDie grondteks van die Afrikaanse Nuwe Testament'n Ontleding van die faktorstruktuur van die Suid-Afrikaanse persoonlikheidsvraelysWat maak jou mummie? 'n Oorsig van die stand van mummienavorsing aan die hand van die 8ste wêreldkongres“Soos ’n hamer wat ’n rots vermorsel”: die afrikaanse bybel van 1933 as vertaling

Die faktore gemeenskaplik aan die selfondersoekvraelys van Holland en die nuwe Suid-Afrikaanse beroepsbelangstellingsvraelys

The factors common to the Self Directed Search of Holland (SDS) and the new South African Vocational

Die rol van die Afrikaanse Wikipedia in die uitbou van Afrikaans

Afrikaans het in sy eerste 90 jaar as amptelike taal van Suid-Afrika van 'n sogenaamde kombuistaal t

Die grondteks van die Afrikaanse Nuwe Testament

Voordat daar met die vertaling van 'n dokument begin kan word, is dit noodsaaklik om die teks, die

'n Ontleding van die faktorstruktuur van die Suid-Afrikaanse persoonlikheidsvraelys

In order to further clarify its factor structure the South African Personality Questionnaire is admi

Wat maak jou mummie? 'n Oorsig van die stand van mummienavorsing aan die hand van die 8ste wêreldkongres

Die doel van hierdie artikel is om opsommend al die temas en studierigtings te beskryf wat by die 8s

“Soos ’n hamer wat ’n rots vermorsel”: die afrikaanse bybel van 1933 as vertaling