Logo Lanfrica
  • Home
  • Atlas
  • Insights
  • Docs
  • Sign in

© 2026 Lanfrica. All rights reserved. All copyrights of the resources shown on the Lanfrica website belong to the original copyright holders, unless explicitly stated otherwise.

Wat is die universiteit? Gedagtes oor die gemeenskapsuniversiteit

Domain:

education

Record type:

paper
Creator:
D G
Publisher:
Aca
Host:
In die artikel word uitgegaan van die gedagte dat die toekoms van universitêre Afrikaans toenemend 'n funksie van die Afrikaanse taalgemeenskap self en in die besonder van die sogenaamde gemeenskapsuniversiteit sal wees. Ten diepste fokus die artikel op die vraag na die aard en wese van die gemeenskapsuniversiteit. Ons gaan uit van die standpunt dat die gemeenskapsuniversiteit verstaan moet word teen die agtergrond van die verskille én ooreen-komste daarvan met sowel die moderne Von Humboldt-universiteit as die postmoderne besigheidsuniversiteit. Met sy verbintenis tot Bildung sluit die gemeenskapsuniversiteit by die tradisie van die Von Humboldt-universiteit aan. In die hart van die ideaal van Bildung staan die gedagte dat studente gelei word om insig in die geheel van dinge te verwerf. Maar anders as by die Von Humboldt-universiteit is Bildung binne die konteks van die gemeenskapsuniversiteit nie daarop gefokus om outonome individue binne die konteks van die staatlike orde op te lewer nie. Volgens die gemeenskapsuniversiteit beteken Bildung veel eerder om "burgers" op te voed wat n deelnemende verhouding nie net met die openbare lewe as sodanig nie, maar ook met hulle veelheid van gemeenskappe handhaaf. Soos die postmoderne universiteit word die gemeenskapsuniversiteit "van onder af' moontlik gemaak en deur die werklikhede van die vrye mark bemiddel. Maar anders as die postmoderne besigheidsuniversiteit met sy fokus op die globale markte, gee die gemeenskapsuniversiteit nie sy verbintenis tot plaaslike gemeenskappe, kulture en ekonomieë prys nie. Nog belangriker, anders as die postmoderne universiteit, wat daartoe neig om die universitêre werklikheid uit ekonomiese oorwegings te fragmenteer (nie net tussen die veelheid dissiplines nie, maar ook binne dissiplines self), is die gemeenskaps-universiteit met sy verbintenis tot die moderne universitêre ideaal van Bildung daarop bedag om steeds 'n sin vir die geheel te kultiveer en oor te dra. Kortom, terwyl globale universiteite ingevolge hul naam veronderstel is om 'n blik op die geheel te bied, fragmenteer hulle ons wêreld. Die teenoorgestelde is waar van gemeenskapsuniversiteite. Terwyl hulle in ooreenstemming met hul naam aan die plaaslike vassit, is hulle ironies genoeg forums waarop n lewensbeskoulike blik op die geheel hoegenaamd moontlik is.

Visit

doi.org

Languages

Afrikaans

Similar

Die trajek van Afrikaans as inheemse onderwys-taal van 1925 tot 2025: Gedagtes oor die verlede, die hede en die toekoms’n Oorsig oor boukonstruksie as vak in argitektuur aan die Universiteit van Pretoria in die tydperk 1943-2005Faktore wat die weglating van die Afrikaanse onderskikker dat bepaalDie brief aan Rheginos: Oor geloof en rede en die opstandingOm die waarheid heen; oor die ontwikkeling van modale bywoorde in AfrikaansOor die Nuwe Testament, vertelkunde en prediking

Die trajek van Afrikaans as inheemse onderwys-taal van 1925 tot 2025: Gedagtes oor die verlede, die hede en die toekoms

UNESCO het al 'n groot hoeveelheid navorsing gedoen oor taaltrajekte (en onder andere bevind dat daa

’n Oorsig oor boukonstruksie as vak in argitektuur aan die Universiteit van Pretoria in die tydperk 1943-2005

Building Construction is traditionally a core subject in the degree course in Architecture at the Un

Faktore wat die weglating van die Afrikaanse onderskikker dat bepaal

Die stelbysin in geskrewe Afrikaans vertoon twee variante. Die onderskikker dat word saam met afhank

Die brief aan Rheginos: Oor geloof en rede en die opstanding

The letter to Rheginos: On faith and reason and the resurrection The article consists of an introduc

Om die waarheid heen; oor die ontwikkeling van modale bywoorde in Afrikaans

Oor die Nuwe Testament, vertelkunde en prediking

On the New Testament, narratology and preaching In this essay, which was originally prepared for a s