Logo Lanfrica
  • Accueil
  • Atlas
  • Analyses
  • Documentation
  • Sign in

© 2026 Lanfrica. Tous droits réservés. Tous les droits d'auteur des ressources affichées sur le site Web Lanfrica appartiennent aux détenteurs de droits d'auteur d'origine, sauf indication contraire explicite.

Die taallandskap van die vrou in Rooi Rose (19482020)

Domaine:

natural language processing
Créateur:
H PN.
Éditeur:
Aca
Hôte:
Hierdie artikel ondersoek die taallandskap1 van die Afrikaanse vrou soos wat dit te sien is in die rooi rose van 1948 - 2020 en vra of hierdie landskap, veral wat taalseksisme betref, soos te siene in rooi rose sedert 1948, verander het. Die rooi rose-korpus was die databron wat ontleed is met die moontlikhede wat korpuslinguistiek as metode bied. Die studie val in die sosiolinguistieksubveld wat in die breë as die taal-en-gender-veld bekend staan. Taalseksisme val in hierdie deelgebied. Taalseksisme (en gepaardgaande stereotipering) kom voor wanneer daar deur en in taal teen 'n geslag of gender gediskrimineer word. Kwantitatiewe navorsing is gebruik om frekwensies van leksikale items soos aan-spreekvorms en titels, die generiese hy en manlike en vroulike persoons- en beroepsname vas te stel. Soekwoorde binne konteks, soos wat verkry word in konkordansiereëls, asook kollokasies is kwalitatief ontleed. Die gevolgtrekking waartoe die studie kom, is dat daar verandering op te merk is wat die gebruik van sommige leksikale items betref. Daar is 'n frekwensieafname te bespeur in sommige titels en aanspreekvorme, maar die neutrale me (wat nie onderskeid tref wat huwelikstatus betref nie) word nie in die korpus aangetref nie. Afrikaans volg die wêreldtendens deur sommige manlike en vroulike selfstandige naamwoorde te vervang met een naamwoord wat na beide mans en vrouens kan verwys. Daar is egter nog tekens van taalseksisme in die korpus. Die generiese hy word tot 2020 nog baie gebruik en onderskeid word ook nog getref wat betref die huwelikstatus van vroue.

Visit

doi.org

Languages

AfrikaansFlaaitaalKom

Similaires

Die rol van die Afrikaanse Wikipedia in die uitbou van AfrikaansDie omvang van die oorsake van laat voltooiing van bouprojekte in die Republiek van Suid-AfrikaDIE BETEKENIS EN FUNKSIE VAN DIE VOORVOEGSEL VAN DIE SEWENDE KLAS VAN SELFSTANDIGE NAAMWOORDE IN DIE SOTHO-TSWANA-GROEP VAN BANTOETALEDie rol van die 1920-proefvertaling in die ontluiking van Afrikaans as 'n BybeltaalVokaalverplasing in die Afrikaans van die Griekwas van Griekwaland-WesDie voorsetselwerkwoord in die werkwoordstelsel van Afrikaans

Die rol van die Afrikaanse Wikipedia in die uitbou van Afrikaans

Afrikaans het in sy eerste 90 jaar as amptelike taal van Suid-Afrika van 'n sogenaamde kombuistaal t

Die omvang van die oorsake van laat voltooiing van bouprojekte in die Republiek van Suid-Afrika

The extent of delays on building projects in the Republic of South Africa caused by individual facto

DIE BETEKENIS EN FUNKSIE VAN DIE VOORVOEGSEL VAN DIE SEWENDE KLAS VAN SELFSTANDIGE NAAMWOORDE IN DIE SOTHO-TSWANA-GROEP VAN BANTOETALE

Die rol van die 1920-proefvertaling in die ontluiking van Afrikaans as 'n Bybeltaal

Nadat die Vrystaatse Sinode van die Nederduitse Gereformeerde Kerk goedkeuring verleen het vir 'n ve

Vokaalverplasing in die Afrikaans van die Griekwas van Griekwaland-Wes

Afrikaans is die totaal van al sy dialekte — Griekwa-afrikaans en Standaardafrikaans is maar twee vo

Die voorsetselwerkwoord in die werkwoordstelsel van Afrikaans

There is much confusion concerning the prepositional verb as a separate category main verb in Afrika