Logo Lanfrica
  • Accueil
  • Atlas
  • Analyses
  • Documentation
  • Sign in

© 2026 Lanfrica. Tous droits réservés. Tous les droits d'auteur des ressources affichées sur le site Web Lanfrica appartiennent aux détenteurs de droits d'auteur d'origine, sauf indication contraire explicite.

Die vokaalruimtes van Bruinafrikaanse variëteite

Domaine:

natural language processing

Type de record:

dataset
Créateur:
NooDaan WissingAndUni
Éditeur:
Lit
Hôte:
Opsomming Die spraak van bruin sprekers van Afrikaans, ’n belangrike variëteit van Afrikaans, bied ’n besonder ryk terrein vir die beantwoording van die vraag of daar gepraat kan word van Bruinafrikaans as ’n homogene grootheid, en of daar, alternatiewelik, sprake kan wees van twee of meer subvariëteite daarvan. Wissing (2022 en 2023) onderskryf op grond van ’n beperkte ondersoek die gebruik van die benaming Bruinafrikaans. Hierdie ondersoeke was beperk in skopus, met die gevolg dat ’n breër en dieper kyk hierop nie net geregverdig is nie, maar ook noodsaaklik. Dit is die hoofdoelstelling van die ondersoek waarvan hierdie artikel verslag lewer. Dit word gedoen deur die vokaalruimtes (akoestiese vokaalkaarte) van tien gebiede waar Bruinafrikaans gekonsentreer is, met mekaar te vergelyk. Die algemene opset wat betref die keuse van opnamegebiede en metode van ondersoek is dieselfde as wat in Wissing (2022 en ter perse) gevolg is, so ook die metode waarop die ondersoek uitgevoer is. Ons het spraakopnames van die lees van ’n woordelys deur sprekers van tien hoof- opnamegebiede in Suider-Afrika ontleed en geïnterpreteer met die oog op die bereiking van genoemde doelstelling. Dié tien gebiede kom voor in die Wes-Kaap (4)1, die Noord-Kaap (2), die Oos-Kaap (1), die Vrystaat (1), die Noordwes-Provinsie (1) en Namibië (1). Vokaalruimtes van dié opnamegebiede is bepaal, waarna paarsgewyse verhoudings tussen alle vokaalruimtes van al tien opnamegebiede bereken is, en deur middel van ’n netwerk gevisualiseer is. Dit is opgevolg deur klusterontledings. Gekonstrueerde dendrogramme toon dat twee subgroepe onderskei kan word, naamlik enersyds die Suid-Kaap, Delft, Robertson, Matzikama en dele van die Oos-Kaap, en andersyds Bergmanshoogte, Springbok, Promosa en Kakamas; Gobabis vorm ’n eie, afsonderlike gebied, maar kan ook by laasgenoemde groep ingedeel word. Dit klop grotendeels met ’n geografiese indeling in suid en noord. Die geografiese verspreiding kan tot op ’n groot hoogte histories verklaar word met inagneming van die migrasie van Afrikaanssprekendes vanuit Kaapstad en omgewing noordwaarts en ook ooswaarts. Soortgelyke vergelyking van die vokaalruimtes van sowel albei geslagte (vroulik en manlik) as albei ouderdomsgroepe (jonk en oud)2 toon slegs klein tot mediumverskille, wat beteken dat Bruinafrikaans en sy variante wel tot ’n hoë mate as ’n enkele, en ook stabiele, entiteit beskou kan word. Trefwoorde: akoestiese kenmerke; benaming; Bruinafrikaans; etnisiteit; geografiese ligging; geslag; ouderdom; sosiofonetiek; spektrale eienskappe; taaltipologie; vokaal; vokaalfrekwensies; vokaalruimte; vokaalsisteem

Visit

doi.org

Languages

AfrikaansKaanMbay

Similaires

Die omvang van die oorsake van laat voltooiing van bouprojekte in die Republiek van Suid-AfrikaDIE BETEKENIS EN FUNKSIE VAN DIE VOORVOEGSEL VAN DIE SEWENDE KLAS VAN SELFSTANDIGE NAAMWOORDE IN DIE SOTHO-TSWANA-GROEP VAN BANTOETALEDie rol van die Afrikaanse Wikipedia in die uitbou van Afrikaans'n Ontleding van die faktorstruktuur van die Suid-Afrikaanse persoonlikheidsvraelysVokaalverplasing in die Afrikaans van die Griekwas van Griekwaland-WesWat maak jou mummie? 'n Oorsig van die stand van mummienavorsing aan die hand van die 8ste wêreldkongres

Die omvang van die oorsake van laat voltooiing van bouprojekte in die Republiek van Suid-Afrika

The extent of delays on building projects in the Republic of South Africa caused by individual facto

DIE BETEKENIS EN FUNKSIE VAN DIE VOORVOEGSEL VAN DIE SEWENDE KLAS VAN SELFSTANDIGE NAAMWOORDE IN DIE SOTHO-TSWANA-GROEP VAN BANTOETALE

Die rol van die Afrikaanse Wikipedia in die uitbou van Afrikaans

Afrikaans het in sy eerste 90 jaar as amptelike taal van Suid-Afrika van 'n sogenaamde kombuistaal t

'n Ontleding van die faktorstruktuur van die Suid-Afrikaanse persoonlikheidsvraelys

In order to further clarify its factor structure the South African Personality Questionnaire is admi

Vokaalverplasing in die Afrikaans van die Griekwas van Griekwaland-Wes

Afrikaans is die totaal van al sy dialekte — Griekwa-afrikaans en Standaardafrikaans is maar twee vo

Wat maak jou mummie? 'n Oorsig van die stand van mummienavorsing aan die hand van die 8ste wêreldkongres

Die doel van hierdie artikel is om opsommend al die temas en studierigtings te beskryf wat by die 8s