Logo Lanfrica
  • Accueil
  • Atlas
  • Analyses
  • Documentation
  • Sign in

© 2026 Lanfrica. Tous droits réservés. Tous les droits d'auteur des ressources affichées sur le site Web Lanfrica appartiennent aux détenteurs de droits d'auteur d'origine, sauf indication contraire explicite.

Standaardafrikaans, standaardspelling en die AWS

Domaine:

natural language processing
Créateur:
J.
Éditeur:
Aca
Hôte:
Die standaardisering van Afrikaans tot die Standaardafrikaans wat ons vandag ken, is 'n komplekse en dikwels omstrede saak. Die hedendaagse omstredenheid van en kritiek teen Standaardafrikaans kom nie in hierdie artikel aan bod nie. Sonder om verder daarop in te gaan, word aanvaar dat daar in die loop van min of meer 'n eeu 'n standaardvorm ontwikkel is uit die vroeë Afrikaans-Hollandse taalvorme wat hier te lande gebesig is en dat dié standaardisering geslaagd was omdat Standaardafrikaans hom vir die grootste deel van 'n eeu doeltreffend naas Engels kon handhaaf in die hoër funksies van n taal, soos die staatsbestel, die regspleging, die (hoër) onderwys, die wetenskap en die letterkunde. Vir hierdie artikel word eweneens aanvaar dat die standaardvariëteit van n taal kwalik suksesvol kan funksioneer sonder 'n doeltreffende ortografie en dat die standaardisering van die Standaardafrikaanse ortografie daarom 'n wesenlike rol in die proses van die standaardisering van Afrikaans gespeel het. Die ortografiese standaardiseringsproses word beskou aan die hand van die tien uitgawes van die gesaghebbende Afrikaanse woordelys en spelreëls (AWS). Daar word aangetoon dat die grondbeginsels van die Afrikaanse spelling, wat deur al tien AWS'e inhoudelik dieselfde gebly het, enersyds gehelp het om die verafrikaansing van "vreemde woorde" te rig en te vestig, en andersyds n merkwaardig stabiele spellingsisteem tot stand gebring het. Die ontwikkeling van die AWS - by name die deurlopende presisering en verfyning van die spelreëls, en die bydrae daarvan tot die standaardisering van Afrikaans - word aan die hand van die tien uitgawes aangetoon.

Visit

doi.org

Languages

AfrikaansFlaaitaal

Similaires

AWS-AIML-Kenya/aws-ug-ml-backendDie brief aan Rheginos: Oor geloof en rede en die opstandingKontemporêre literatuurteorie en die studie en onderrig van die Afrikaanse letterkundeDatasmartly/aws-darija-marocain-test-yas-2000-awsDie sosio-historiese en sosio-linguistiese aspekte van die leksikale veranderings van die 1936- en 2001-psalmomdigtingsIdeologiese normverplasings en die Afrikaanse handwoordeboek van die negentigerjare

AWS-AIML-Kenya/aws-ug-ml-backend

# AWS UG ML Kenya ## Installation - Install the go in your system - Install compile daemon to enabl

Die brief aan Rheginos: Oor geloof en rede en die opstanding

The letter to Rheginos: On faith and reason and the resurrection The article consists of an introduc

Kontemporêre literatuurteorie en die studie en onderrig van die Afrikaanse letterkunde

The scene of contemporary literary theory is complex and diverse. This article is concerned with the

Datasmartly/aws-darija-marocain-test-yas-2000-aws

Die sosio-historiese en sosio-linguistiese aspekte van die leksikale veranderings van die 1936- en 2001-psalmomdigtings

The socio-historical and socio-linguistic aspects of changes in the lexicon of the 1936 and 2001 rh

Ideologiese normverplasings en die Afrikaanse handwoordeboek van die negentigerjare

Ideological norm replacement and the Afrikaans desk dictionary of the ninetiesIn South Africa the pa