In die loop van die twintigste eeu is daar geweldig baie geskryf oor stories, verhale en verhalende tekste. Gevolglik is die omvang van die kontemporêre verhaalteorie indrukwekkend. Wanneer 'n mens met 'n verhalende teks in die hand staan, is daar 'n geweldige hoeveelheid voortreflike teoretiese modelle en begrippe wat op die teks "toegepas" kan word of wat gebruik kan word om die teks te ontsluit.